-- Ek kon nooit gedink het, ek het Orania toe gekom om vir die Here te werk nie, maar eerder met ysters. Pastorale kwalifikasie voltooi in 2018. Ons trek Orania toe is September 2019.
Persoonlike ommeswaai was die bediening van Covert, siek mense gesalf en noue ontkoming van ‘n pad ongeluk, waar die Here vir my sê – Dit is nie Nou jou Tyd nie.
Gedurende Mei 2022 op die Vlakte, ontvang ek ‘n boodskap van die Heilige Gees – PLANT MY KERK.
Ek was op die stadium Hulp pastoor by Maranatha. Mislei deur my eie persepsie was ek opsoek na ‘n Kerk gebou waar ons kan begin. Die kerk was immers die mense.
--
Gedurende die middel van Desember 1996, ses maande na my egskeiding was ek in n gruwelike motor ongeluk wat amper my lewe geeis het.
Ek was op 'n Donderdag middag ontslaan uit die Hospitaal nadat ek n blaas operasie gehad het. Vrydag, die volgende aand, het ek en 'n vriend besluit ons gaan net 'n roomys op die voorstrand van Durban eet. My dogter sou daardie aand saamgaan maar vir een of ander rede het ek baie ongemaklik daaroor gevoel en vir haar gese sy moet eerder by die huis bly.
Ons was net 'n halfuur op die voorstrand en klaar ons roomys gehad toe begin dit reen, en het besluit om terug huis toe te keer. My vriend het my motor bestuur aangesien ek nie kon bestuur nie agv my operasie. Hy het teen 'n spoed van 70-80km per uur gery op die M4 vanaf Durban na Bluff, Durban. Ons was in die middel baan op die M4 net verby die suiker terminaal wat aan die linkerkant van die snelweg was toe 'n dronk swart man en sy vrou wat van 'n parliaments vergadering afgekom het, my motor aan die regterkant teen 'n spoed van 160km per uur getref het. Die pad was nat en die impak was so groot dat my motor regs geskiet het deur die eerste klomp versperrings ("barriers") amper deur na die ander kant van die snelweg se aankomende verkeer. My motor het gedurende die impak 9 beton pilare platgery wat die middel van die "gearbox" en my kant se voete end letterlik verwoes het wat die gevolg gehad het dat my motor weer links geskiet het oor die pad waarna die swart man en sy vrou se motor my motor weer aan die linkerkant getref het wat veroorsaak het dat my motor 'n paar millimeters voor 'n betonmuur tot stand gekom het.
Met die geweldige impak van die ongeluk het ek die voorruit met my kop uitgestamp terwyl my gesig die "dashboard" getref het en met die impak aan die linkerkant van my motor het die gevolg gehad dat ek die passassiers ruit met my kop uitgeslaan het. Die "gearbox" was totaal en al uit posisie uitgeruk en my linkerbeen was vasgedruk tussen die "gearbox" en sitplek.
Ek het vir 'n paar sekondes my bewussyn verloor. Toe ek bykom, het 'n man met wit klere wat rooi ook opgehad het my deur oopgemaak, Sy hand op my kop geplaas, my linkerbeen losgemaak en my uit die motor gehaal. Ek was onder die indruk dit was 'n paramediese man en Hy het my eenkant laat sit en was skielik weg toe stop daar 'n motor voor my waarin 'n Indier man, sy vrou en 2 kinders was en het met my vriend gereel dat hul my dadelik Bluff Medicross toe vat. My vriend het vir die polisie gewag en die swart bestuurder van die ander motor was so dronk hulle het niks oorgekom nie.
Die paartjie in wie se motor ek was, het vir my 'n besigheidskaartjie oorhandig en my voor by die Bluff Medicross afgelaai en weggery. Die mediese personeel het my in 'n rystoel geplaas aangesien ek skaars kon loop. 'n Dokter was dadelik ontbied, my denim broek was van my bene afgesny. Die slag was so kragtig dat ek glasstukke in my denim broek moes uithaal. Xstrale was van my skedel en my bene en nek geneem. Die dokter het my inspuitings en medikasie gegee en my vriend het opgedaag na hy sy motor by sy huis gaan haal het en my huis toe gevat.
Ek kon nie my naam, my besonderhede of enigiets onthou nie, ek het nie geweet wie en wat ek was nie aangesien ek verskriklike kopbeserings aangedoen het. My vriend het my die Maandag met krukke by die werk afgelaai. My werk het my dadelik ontbied om huis toe te gaan en te rus, hul het my ten volle betaal terwyl ek tuis aansterk.
Na 3 weke toe ek uiteindelik by die werk opdaag en agter my lessenaar sit om te werk, het ek besef ek kon niks onthou nie. My hele regsloopbaan was uitgewis, ek kon niks onthou nie, nogsteeds nie eers my eie besonderhede nie. Terwyl ek agter my lessenaar sit, het ek my hande op my sleutelbord en leers geplaas en vir die Heilige Gees gevra om my te help, die trane het geloop, die medikasie het nie veel gehelp nie en ek het nog baie pyn en seer gehad.
Intussen het ek navrae begin doen oor die ongeluk, getuies gekry en niemand kon bevestig dat daar paramediese mense op die toneel van die ongeluk was nie. Dit was Jesus self wat my uit my motor gehaal het. Ek met die Indier man wat my sy kaartjie gegee het probeer kontak maak. Nog minder die maatskappy, die man se naam en van en selnommer kon opgespoor word en dit het my laat besef dat dit engele van die Here was wat my gehelp het.
Ek moes elke Saterdag vir physio gaan vir my nek, rug en linker been. Ek het spesialiste moes raadpleeg vir die kopbeserings wat ek opgedoen het en na 'n hele klomp toetse, Xstrale en "scans" (skanderings) het hul agtergekom dat die regterkant van my brein beskadig was deurdat die hele regterkant van die brein "geknak" was en dat dit 'n groot impak op my geheue en spraak gemaak het wat veroorsaak het dat ek met die linkerkant van my brein nuwe dinge moes leer en doen.
Met baie gebede, gevas en smeking by die Here het ek na 4 maande weer my werk begin onthou en stelselmatig het die Here my geheue weer herstel alhoewel baie van my vorige gebeurtenisse en veral my kinderdae tot hierdie dag toe totaal en al uitgewis is.
Op skool het ek uitstekend gepresteer maar na my ongeluk en met die Here se hulp moes ek baie nuwe dinge anders leer en doen en met baie uithou vermoe het die Here stelselmatig my brein herstel. Ek moes natuurlik meer ure insit en harder leer vir my graad wat ek in 2014 met onderskeidings en baie hoe getalle verwerf het.
Dit was 'n baie lang genesende proses en met diep dankbaarheid bring ek aan God die Vader, Jesus Christus my Here en die Heilige Gees al die eer en lof want sonder my God sou ek dit nooit kon doen nie, Amen!
Gebed Is noodsaaklik in ons Daaglikse lewe