-- Ek kon nooit gedink het, ek het Orania toe gekom om vir die Here te werk nie, maar eerder met ysters. Pastorale kwalifikasie voltooi in 2018. Ons trek Orania toe is September 2019.
Persoonlike ommeswaai was die bediening van Covert, siek mense gesalf en noue ontkoming van ‘n pad ongeluk, waar die Here vir my sê – Dit is nie Nou jou Tyd nie.
Gedurende Mei 2022 op die Vlakte, ontvang ek ‘n boodskap van die Heilige Gees – PLANT MY KERK.
Ek was op die stadium Hulp pastoor by Maranatha. Mislei deur my eie persepsie was ek opsoek na ‘n Kerk gebou waar ons kan begin. Die kerk was immers die mense.
--
Gedurende die middel van Desember 1996, ses maande na my egskeiding was ek in n gruwelike motor ongeluk wat amper my lewe geeis het.
Ek was op 'n Donderdag middag ontslaan uit die Hospitaal nadat ek n blaas operasie gehad het. Vrydag, die volgende aand, het ek en 'n vriend besluit ons gaan net 'n roomys op die voorstrand van Durban eet. My dogter sou daardie aand saamgaan maar vir een of ander rede het ek baie ongemaklik daaroor gevoel en vir haar gese sy moet eerder by die huis bly.
Ons was net 'n halfuur op die voorstrand en klaar ons roomys gehad toe begin dit reen, en het besluit om terug huis toe te keer. My vriend het my motor bestuur aangesien ek nie kon bestuur nie agv my operasie. Hy het teen 'n spoed van 70-80km per uur gery op die M4 vanaf Durban na Bluff, Durban. Ons was in die middel baan op die M4 net verby die suiker terminaal wat aan die linkerkant van die snelweg was toe 'n dronk swart man en sy vrou wat van 'n parliaments vergadering afgekom het, my motor aan die regterkant teen 'n spoed van 160km per uur getref het. Die pad was nat en die impak was so groot dat my motor regs geskiet het deur die eerste klomp versperrings ("barriers") amper deur na die ander kant van die snelweg se aankomende verkeer. My motor het gedurende die impak 9 beton pilare platgery wat die middel van die "gearbox" en my kant se voete end letterlik verwoes het wat die gevolg gehad het dat my motor weer links geskiet het oor die pad waarna die swart man en sy vrou se motor my motor weer aan die linkerkant getref het wat veroorsaak het dat my motor 'n paar millimeters voor 'n betonmuur tot stand gekom het.
Met die geweldige impak van die ongeluk het ek die voorruit met my kop uitgestamp terwyl my gesig die "dashboard" getref het en met die impak aan die linkerkant van my motor het die gevolg gehad dat ek die passassiers ruit met my kop uitgeslaan het. Die "gearbox" was totaal en al uit posisie uitgeruk en my linkerbeen was vasgedruk tussen die "gearbox" en sitplek.
Ek het vir 'n paar sekondes my bewussyn verloor. Toe ek bykom, het 'n man met wit klere wat rooi ook opgehad het my deur oopgemaak, Sy hand op my kop geplaas, my linkerbeen losgemaak en my uit die motor gehaal. Ek was onder die indruk dit was 'n paramediese man en Hy het my eenkant laat sit en was skielik weg toe stop daar 'n motor voor my waarin 'n Indier man, sy vrou en 2 kinders was en het met my vriend gereel dat hul my dadelik Bluff Medicross toe vat. My vriend het vir die polisie gewag en die swart bestuurder van die ander motor was so dronk hulle het niks oorgekom nie.
Die paartjie in wie se motor ek was, het vir my 'n besigheidskaartjie oorhandig en my voor by die Bluff Medicross afgelaai en weggery. Die mediese personeel het my in 'n rystoel geplaas aangesien ek skaars kon loop. 'n Dokter was dadelik ontbied, my denim broek was van my bene afgesny. Die slag was so kragtig dat ek glasstukke in my denim broek moes uithaal. Xstrale was van my skedel en my bene en nek geneem. Die dokter het my inspuitings en medikasie gegee en my vriend het opgedaag na hy sy motor by sy huis gaan haal het en my huis toe gevat.
Ek kon nie my naam, my besonderhede of enigiets onthou nie, ek het nie geweet wie en wat ek was nie aangesien ek verskriklike kopbeserings aangedoen het. My vriend het my die Maandag met krukke by die werk afgelaai. My werk het my dadelik ontbied om huis toe te gaan en te rus, hul het my ten volle betaal terwyl ek tuis aansterk.
Na 3 weke toe ek uiteindelik by die werk opdaag en agter my lessenaar sit om te werk, het ek besef ek kon niks onthou nie. My hele regsloopbaan was uitgewis, ek kon niks onthou nie, nogsteeds nie eers my eie besonderhede nie. Terwyl ek agter my lessenaar sit, het ek my hande op my sleutelbord en leers geplaas en vir die Heilige Gees gevra om my te help, die trane het geloop, die medikasie het nie veel gehelp nie en ek het nog baie pyn en seer gehad.
Intussen het ek navrae begin doen oor die ongeluk, getuies gekry en niemand kon bevestig dat daar paramediese mense op die toneel van die ongeluk was nie. Dit was Jesus self wat my uit my motor gehaal het. Ek met die Indier man wat my sy kaartjie gegee het probeer kontak maak. Nog minder die maatskappy, die man se naam en van en selnommer kon opgespoor word en dit het my laat besef dat dit engele van die Here was wat my gehelp het.
Ek moes elke Saterdag vir physio gaan vir my nek, rug en linker been. Ek het spesialiste moes raadpleeg vir die kopbeserings wat ek opgedoen het en na 'n hele klomp toetse, Xstrale en "scans" (skanderings) het hul agtergekom dat die regterkant van my brein beskadig was deurdat die hele regterkant van die brein "geknak" was en dat dit 'n groot impak op my geheue en spraak gemaak het wat veroorsaak het dat ek met die linkerkant van my brein nuwe dinge moes leer en doen.
Met baie gebede, gevas en smeking by die Here het ek na 4 maande weer my werk begin onthou en stelselmatig het die Here my geheue weer herstel alhoewel baie van my vorige gebeurtenisse en veral my kinderdae tot hierdie dag toe totaal en al uitgewis is.
Op skool het ek uitstekend gepresteer maar na my ongeluk en met die Here se hulp moes ek baie nuwe dinge anders leer en doen en met baie uithou vermoe het die Here stelselmatig my brein herstel. Ek moes natuurlik meer ure insit en harder leer vir my graad wat ek in 2014 met onderskeidings en baie hoe getalle verwerf het.
Dit was 'n baie lang genesende proses en met diep dankbaarheid bring ek aan God die Vader, Jesus Christus my Here en die Heilige Gees al die eer en lof want sonder my God sou ek dit nooit kon doen nie, Amen!
3 September 2024 tot 11 Januarie 2026
Die 3de September 2024 was 'n lekker dag soos enige ander dag.
Na ons by vriende gaan kuier het, het ons by die huis gekom en ek het net op die bed gaan sit en naar, seer, koud en sleg gevoel. Die volgende paar dae het alles net erger geword.
Symtome
1. My maag het begin opswel, asof ek swanger was.
2. Konstante pyn, meestal oor my hele maag area.
3. Konstante naarheid.
4. Ek het die hele tyd koud gekry.
5. Ek was seesiek wanneer ek beweeg het of selfs net aan geraak word.
6. Ek was baie moeg en lighooftig
7. Bloeding
Ek was Dokter toe en hy het gesê hy is te bang om my te ondersoek want hy is bang my maag gedeelte gaan bars.
Na vele dokters (6) en Hospitale (3) en medikasies en toetse het dit van
1. Helicobacter pylori
2. Irritable bowel syndrome
3. Infeksie orals
4. Gastritis
5. Melanose
Gegaan na - Akute Dervitikulietes. Wat 'n klomp blasies buite toe in die Dikderm is. Van die begin tot die einde toe.
Ek mag net sekere goed eet en drink.
Ek moes lê, meeste van die tyd
Ek mag niks swaar optel of staan nie, want die drukking kan die blasies laat bars en my dood veroorsaak
Ek mag nie in n kar ry nie want dit skud te veel.
Ek het die hele tyd koue koors en baie lae bloedruk gehad.
Ek moes 'n hele paar keer op drip lê, net om weer stabiel kon word.
Ons was selfs Bloemfontein toe om n Proffesor / Spesialist te gaan sien. Almal kon net tot een oplossing kom...
Hou die pyn en naarheid onder beheer en lewe met die konstante pyn. En lê heeldag en doen niks
Of
Sny die hele Dikderm uit en kry 'n Stoma (Sakkie) vir die res van my lewe. Ons was al moedeloos en het alles probeer, maar daar was geen verbetering nie.
In 16 maande en 8 dae was daar gebid, gehuil, gelag, gesalf, gebid en gevas en nog baie meer gebid. Deur ons en almal wat ons ken. Pastore, kliente, kinders, ou mensies, aflewering mense. Letterlik almal wat gehoor het van my. Daar was 'n paar keer wat ek gedink het en gevoel het of ek wou doodgaan. Dis normaal om so af en toe te huil en te gaan lê, solank jy weer opstaan en probeer. Maar ons het aangehou glo, bid, en positief bly praat.
Mense het al gevra hoekom word ek nie gesond as ek glo en almal bid nie. Al wat ek kon sê is dat ek glo die Here het 'n doel met alles, en Hy sal my genees op Sy kosbare tyd.
Ek het in Januarie 2026 ook saam met ander kerklede begin Vas en het vir 4 dae net water gedrink. Toe my bloedruk val was ek gedwing om bietjie soutighede so af en toe te eet. Ons het almal aangehou bid. Ek wou nie graag aan my laat sny nie. Ek het gebid en gevra dat die Here my moet wys of ek dit moet doen of nie. En ek het 1 nee en 2 ja antwoorde gekry.
Die 10de het ek weer gebid en gevra vir 'n duideliker antwoord, want die 19de en 22ste moes ek die Dokter weer gaan sien en finaal besluit. Ek lees toe in Johannes 11, hoe die Here praat van hoe bly Hy was dat Lasarus so siek was en dood moes gaan. Met verbasing van die mense, omdat Jesus Lasarus so lief gehad het. Sodat Sy werke in Lasarus se lewe gesien kon word. Wow......
Die Sondag van die 11de het ons opgestaan en my man het gevra hoe ek voel, en ek het gesê goed dankie. Dit is nog te vroeg om te sê.
Ons het Kerk toe gegaan, en ek het saam gaan koor oefen. Ek het almal gegroet en voor die diens het hulle vir ander sowel as vir my gebid, en ons het gaan koor sing. Voor ons gaan sit het, het nog n Boetie vir my en ander gebid. Toe 'n besoekende Pastoor die diens open met gebed en die Heilige Gees vra om ons almal aan te raak, het ek rustig gesit en besef ek het geen pyn meer nie. My man het my ‘n paar keer gevra hoe ek voel, en ek kon sê dat ek geen pyn of swelling meer gevoel het nie. Dankie Liewe Jesus vir die genesing.
Ek het die heeldag seker gemaak dat ek nie droom nie. Ek het hier en daar 'n ligte pyn gevoel, maar geweier om op te hou Glo en tot vandag toe het en nog nie weer nodig gehad om die voorgeskrewe pille te drink nie. Die Here het my ten volle genees.
Ek wil nou net sê. Ek het die een Dokter gaan sien, net om te getuig! Ek was toe ge-ondersoek en die dokter het met verbasing saam gestem. Ek wil nou net getuig van Ons God se Grootheid en Liefde